From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Verbandklousules: Wees bedag op die spertye!

Die koop en verkoop van eiendom is altyd 'n ernstige saak. Dinge kan baie vinnig verkeerd loop, tensy beide koper en verkoper presies verstaan wat hul koopooreenkoms bepaal, en ook óf alle spertye nakom óf dit betyds verleng ingevolge die vereistes van die koopooreenkoms.

Ons kyk na die risiko’s met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak waar 'n verkoper en koper slaags geraak het oor die koper se deposito van R600 000 wat hy aan die betrokke eiendomsagent betaal het.

Die koper wou sy deposito van R600 000 terughê, die verkoper het gedink dit moes eerder aan hom betaal word. Die uitslag in hierdie dispuut, en die hof se redes vir die beslissing, hou vir ons almal waardevolle lesse in.

 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
November 2022 NUUSBRIEF
Verbandklousules: Wees bedag op die spertye!

Die koop en verkoop van eiendom is altyd 'n ernstige saak. Dinge kan baie vinnig verkeerd loop, tensy beide koper en verkoper presies verstaan wat hul koopooreenkoms bepaal, en ook óf alle spertye nakom óf dit betyds verleng ingevolge die vereistes van die koopooreenkoms.

Ons kyk na die risiko’s met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak waar 'n verkoper en koper slaags geraak het oor die koper se deposito van R600 000 wat hy aan die betrokke eiendomsagent betaal het.

Die koper wou sy deposito van R600 000 terughê, die verkoper het gedink dit moes eerder aan hom betaal word. Die uitslag in hierdie dispuut, en die hof se redes vir die beslissing, hou vir ons almal waardevolle lesse in.

lees meer


Dis trouseisoen – drie vrae om te oorweeg voor jy gaan trou.
ArticleImage

As jy van plan is om hierdie somer te trou, maak seker dat julle die wetlike aspekte aanspreek voordat julle die knoop deurhaak. (As jy self nie gaan trou nie, stuur hierdie artikel gerus aan enige familie of vriende wat wel binnekort gaan trou.)  

Ons beklemtoon dat dit belangrik vir beide partye is om die regsgevolge van die huwelik vooraf te verstaan, eerder as om 'n fout agterna te probeer regstel. Ons deel ook graag drie belangrike vrae wat julle voor die tyd met jul prokureur of onderskeie prokureurs behoort te bespreek. 

Eerstens (en seker die belangrikste) is duidelikheid oor wat die drie keuses van huweliksbedelings behels. Daar is dikwels verwarring hieroor en dit is tot almal se voordeel om ingeligte besluite hieroor te neem. 

   
lees meer
Jou werknemer bereik aftree-ouderdom en wil aanhou werk.
ArticleImage

Baie werknemers wat die Groot Sestig nader (daar is baie van hulle, met die jongste van die Boomer generasie wat nou 58 word) wil nie graag binnekort ophou werk nie. Van hulle sal hul werkgewers vra of hulle kan aanbly. Ander gaan net aanhou met werk, sonder dat hul aftree-ouderdom bespreek of opgemerk word.

Net so sal baie werkgewers hul senior personeel in diens wil hou. Vir diegene wat nie reëlings hieroor in plek het nie, is dit ‘n risiko. Onthou dat “ouderdomsdiskriminasie” is 'n “outomaties onbillike” vorm van ontslag. Dit hou beslis ernstige gevolge vir oortreders in.

Ons verduidelik hoe om enige beskuldiging van onbillikheid te hanteer, met verwysing na die geval van 'n werknemer wat vir nege maande in sy pos aangebly het nadat hy die ooreengekome aftree-ouderdom bereik het. Ons kyk dan na aksielyste vir beide werkgewers en werknemers om hiermee te handel. 

   
lees meer
As die Munisipaliteit jou bouplanne verwerp, oorweeg die bepalings van PAJA.
ArticleImage

Die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (PAJA) gee uitvoering aan ons Grondwetlike reg op billike, wettige en redelike administratiewe optrede.

Burokratiese besluite kan ‘n groot impak op ons hê, beide finansieel en in ons persoonlike lewens. Daarom is dit belangrik om te weet dat PAJA beskikbaar is om ons te beskerm wanneer 'n besluit ons regte negatief raak.

Ons kyk na hoe ons howe PAJA kan gebruik om ons op ‘n praktiese manier by te staan. Ons verwys spesifiek na ‘n onlangse Hooggeregshofbevel wat teen 'n munisipaliteit toegestaan is. Die munisipaliteit het 'n vulstasie se bouplanne op grond van ‘n “regsfout” verwerp. Ons sluit af met 'n vermaning om vinnig op te tree sodat jy nie die sperdatums waarbinne opgetree moet word, misloop nie.

   
lees meer
Webwerf van die Maand: Verander kliënte se klagtes in komplimente met die HEART-stelsel
ArticleImage

Dit maak nie saak hoe goed jou produk of jou dienslewering is nie, in die sakewêreld is kliënteklagtes iets wat altyd sal opduik. Klagtes kan spruit uit werklike probleme of uit misverstande. Hoe dit ook al sy, jy sal vinning en doeltreffend moet optree om dit aan te spreek. Dit is veral belangrik in vandag se tyd waar aanlynresensies en giftige kommentaar jou reputasie vinnig en maklik kan maak of breek.

Hier is 'n beproefde metode om jou kliënte se tevredenheid met jul dienste oor die algemeen te verhoog, om klagtes in komplimente te verander en om gevalle van konflik (dit is ewe nuttig vir werkplek- en persoonlike kwessies) met respek en vriendelikheid op te los.

Lees gerus “How to Use the HEART Method to Improve Customer Satisfaction” op The Real Time Report se webwerf.

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews