In verlede maand se uitgawe het ons verwys na die streng houding wat ons howe inneem om korrupsie te beveg. En ook na stappe wat teen staatsamptenare geneem word vir oneffektiewe, traak-my-nieagtige optrede.
In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof is die afdanking van ‘n beampte van Binnelandse Sake bekragtig. Die beampte het erken dat hy ‘n pakkie Marie beskuitjies aanvaar het om ‘n vinniger diens te lewer. Dit lyk dus of die omvang van die omkoopgeskenk nie ‘n faktor is nie. Enige vorm van korrupsie kan aangemeld word by die Nasionale Teenkorrupsie Aanmeldingslyn by 0800 701 701.
|