‘n Situasie wat ‘n werkgewer soms sal ondervind –
- Daar is voortdurend voorraadverliese,
- Jy kan bewys dat die verliese uit diefstal spruit wanneer ‘n spesifieke groep werknemers aan diens is,
- Jy kan egter nie bewys dat elke lid van hierdie groep individueel aanspreeklik is nie.
Wat kan jy doen? In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof word so ‘n geval hanteer.