From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

‘n Goeie testament is in die eerste plek duidelik.

Jou testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken. 'n Onlangse beslissing van die Appèlhof bevestig weereens die kritieke belang daarvan dat jy dit professioneel laat opstel om jou aanwysings en wense duidelik en ondubbelsinnig te maak.

Ons ondersoek die betrokke regsbeginsels en die "goue reël van interpretasie" in die konteks van 'n dispuut tussen 'n weduwee met finansiele uitdagings aan die een kant, en haar drie stiefkinders aan die ander kant. Albei kante het verskillende  interpretasies van die testament voorgehou en die hof moes besluit watter interpretasie die oorledene se bedoelings korrek weerspieël het.
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Mei 2024 NUUSBRIEF
‘n Goeie testament is in die eerste plek duidelik.

Jou testament is waarskynlik die belangrikste dokument wat jy ooit sal onderteken. 'n Onlangse beslissing van die Appèlhof bevestig weereens die kritieke belang daarvan dat jy dit professioneel laat opstel om jou aanwysings en wense duidelik en ondubbelsinnig te maak.

Ons ondersoek die betrokke regsbeginsels en die "goue reël van interpretasie" in die konteks van 'n dispuut tussen 'n weduwee met finansiele uitdagings aan die een kant, en haar drie stiefkinders aan die ander kant. Albei kante het verskillende  interpretasies van die testament voorgehou en die hof moes besluit watter interpretasie die oorledene se bedoelings korrek weerspieël het.
lees meer


Vog in die mure en mislukte waterdigting? Jy sal die verkopers kan dagvaar.
ArticleImage

Beide verkopers sowel as kopers moet verstaan wat 'n "defek" of gebrek in 'n huis behels en wat die omvang en strekking van 'n verkoper se plig is om gebreke aan voornemende kopers uit te wys en te openbaar.

Die hooggeregshof het onlangs skadevergoeding aan ’n koper toegeken, wat eers bewus geword het van wesenlike vogprobleme in die huis nadat sy as koper reeds oordrag daarvan geneem het.

Die hof bespreek die effek van ’n standaard “voetstoots”-klousule op ’n koper se eis om herstel en skadevergoeding. Wat moet die koper bewys? Hoe het die verpligte verslag oor die eiendom se toestand die verkoper se aanspreeklikheid beïnvloed? Ons kyk hoe die hof hierdie vrae aangespreek het ...
   
lees meer
Die plaag van slaggate in ons paaie – eis vir skadevergoeding.
ArticleImage

Namate die plaag van slaggate hier en oorsee kommerwekkend groei, ly 'n toenemende aantal van ons padgebruikers slaggatverwante skade.

Ons kyk na jou reg om te eis vir beide voertuigskade en vir persoonlike beserings met verwysing na 'n onlangse saak in die hooggeregshof waar 'n motoris 'n provinsiale padowerheid met sukses vir R8,6 miljoen gedagvaar het. Hy was in ‘n ongeluk nadat hy 'n slaggat getref het. Alhoewel hy geen persoonlike herinnering van die ongeluk gehad het nie, was die deskundige getuienis voldoende om die hof te oortuig dat hy geregtig was op 100% van sy bewese of ooreengekome skadevergoeding.
   
lees meer
Jou lening aan 'n vriend of ‘n familielid - Wanneer moet jy as 'n kredietverskaffer registreer?
ArticleImage

Dit klink nie reg dat jy eers formeel ingevolge die Nasionale Kredietwet as 'n "kredietverskaffer" moet registreer voordat jy geld aan jou familie of jou vriende kan uitleen nie. As jy nie geregistreer was nie, terwyl jy wel geregistreer moes wees, kan dit inhou dat jou hele lening onwettig en onopeisbaar wees. Jy kan dus alles verloor. Jy kan selfs boetes opgelê word vir jou nie-nakoming van die voorskrifte en bepalings van die Nasionale Kredietwet.

'n Onlangse beslissing van die Appèlhof het gehandel oor die vraag of 'n lening van R15 miljoen aan 'n vriend, verseël met niks meer formeel as 'n handdruk nie, ‘n armlengte transaksie was of nie. 
   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

“Insolvensie”, “Likwidasie” of “Bankrotskap”?

Hierdie terme word dikwels verwar en verkeerdelik en losweg as sinonieme gebruik. Die terme word gewoonlik teëgekom in die konteks van debiteure wat nie in staat is om hul skulde te betaal nie. 'n Individu of ‘n trust se boedel word "gesekwestreer" en 'n "trustee" word aangestel om die insolvente boedel se bates te verkoop en om die opbrengs volgens streng regsbeginsels toe te ken en te verdeel. 'n Baie soortgelyke (maar nie identiese) proses is van toepassing op korporatiewe entiteite soos maatskappye, maar in hierdie geval word die entiteit "gelikwideer", met die Meester van die Hooggeregshof wat die toepaslike "likwidateur" gaan aanstel. Om sake verder te vertroebel, word die term “bankrotskap” dikwels ook losweg in beide bogenoemde scenario's gebruik - maar die goeie nuus is dat slegs regspraktisyns, bankiers en kredietbestuurders werklik die verskil tussen die verskillende benamings hoef te weet en daarmee te werk!

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews