|
Jy betaal per ongeluk ‘n groot bedrag geld aan die verkeerde persoon. Of dalk betaal jy die regte persoon, maar jy betaal hom te veel. In ‘n tyd van banktoepassings en aanlyn-betalings, word hierdie soort fout al te geredelik gemaak. Wat staan jou te doen as die ontvanger doodeenvoudig weier om jou terug te betaal?
Daar kan baie geld op die spel wees. Gelukkig bied ons reg aan jou ‘n oplossing (remedie) in die vorm van ‘n eis vir “ongeregverdigde verryking”.
Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, wat hieroor handel. Die bedrag van R861,940 is aan ‘n paartjie uitbetaal toe ‘n bank se toepassing (“app”) nie gewerk het soos wat dit moes nie. Ons bespreek die Hof se uitspraak, en kyk wat jy sal moet kan bewys om met so ‘n eis suksesvol te wees.
|
|
|
|
Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk (“ekspats”) het tot nou toe belastingvrystelling geniet met betrekking tot vergoeding wat hulle in die buiteland verdien, mits hul voldoen aan die vereistes ten opsigte van die tydperke wat oorsee gewerk is. Hierdie vrystelling sal nou egter gedeeltelik wegval met nuwe wetgewing wat onlangs goedgekeur is.
Ons kyk na die huidige vereistes vir vrystelling, wat die nuwe beperkings op die vrystelling gaan wees, of dit jou gaan beïnvloed, wanneer dit in werking gaan tree, en wat jy moet oorweeg om daaraan te doen.
Nota: As jy nie self in die buiteland (as ekspat) in diens is nie, of as jy nie self sulke werknemers in diens het nie, maar jy ken iemand wat wel so in diens is – dalk ‘n familielid, ‘n vriend or kollega – oorweeg dit gerus om hierdie artikel vir hulle aan te stuur.
|
|
|
|
‘n Geldige Getrouheidsfondssertifikaat (GFS) is ‘n vereiste vir enige eiendomsagentskap. Daarsonder kan geen agent kommissie eis nie. ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dui daarop dat ‘n agentskap die risiko loop dat al sy kontrakte ongeldig kan wees.
Die saak behels ‘n kandidaateiendomsagent in diens by ‘n agentskap met ‘n handelsbeperkingsklousule in haar kontrak. Die kandidaateiendomsagent het haar agentskap verlaat en by ‘n mededingende agentskap aangesluit. Haar voormalige werkgewer het gepoog om die handelsbeperkingsklousule teen haar af te dwing.
Die agentskap was in vir ‘n skokkende ontnugtering. Die agentskap was reeds vyf jaar gelede formeel van ‘n Beslote Korporasie na ‘n Maatskappy omgeskakel. Die vereiste GFS was egter nog steeds in die naam van die Beslote Korporasie uitgereik. Dit was ‘n baie groot fout...
|
|