Can a minor child be held liable for damage caused in our law?
Sometimes minor children act in a manner that causes physical harm to another person or the possessions of that person. When will the father, (or mother, depending on the personal circumstances), of such a minor child be held liable in our law for such action?
Jannie is ses jaar oud en in Graad R. Sy moeder en vader werk en is nie by die huis om hom na skool te versorg nie. Hy gaan dus na ‘n nasorgsentrum na skool. Daar word hy een middag geterg deur ‘n groter seun en in ‘n woedebui, neem hy die seun se rugsak wat in die gang aan ‘n haak hang en gooi dit op die grond. Waarvan hy egter nie bewus was nie, is dat die groter seun se elektroniese tablet binne in die rugsak was. Die tablet word onherstelbaar beskadig. Die groter seun se ouers dring aan daarop dat Jannie se ouers die skade deur Jannie aangerig vergoed deur ‘n nuwe tablet te koop. Jannie se ouers weier. Kan Jannie se ouers regtens verantwoordelik gehou word vir die optrede van Jannie en dus vir die skade gely deur die groter seun se ouers?
Die toonaangewende uitspraak in ons reg is die een van De Beer v Sergeant waar Regter Hiemstra in 1976 die geleentheid gehad het om hierdie kwessie van aanspreeklikheid van die vader van ‘n minderjarige wat n skadeveroorsakende handeling pleeg, te oorweeg. Die hof bevind as volg:
'n Vader het die plig om teen sy minderjarige seun op te tree waar hy sien dat die seun besig is of op die punt staan om skade aan te rig. Die plig vloei voort uit die filiale verhouding wat bestaan tussen pa en seun en en die vermoë van die vader om te kan ingryp. Versuim om dit te doen is nalatigheid.
Daar is geen absolute aanspreeklikheid van 'n vader vir die onregmatige dade van sy minderjarige kind nie. Aanspreeklikheid kan voortvloei
- uit 'n diensverhouding wanneer die skade binne die bestek van die kind se werkverrigting gedoen word;
- uit opset met die kind as middellike dader, (waar die vader met opset die kind ‘n skadeveroorsakende handeling laat doen); en
- uit nalatigheid, d.w.s. in gevalle waar die vader in die omstandighede in staat was om in te gryp en om ontoereikende redes versuim het om dit te doen. Dit is nie nodig dat die vader noodwendig teenwoordig hoef te wees nie, want nalatigheid kan ook lê in die versuim om voorsienbare veroorsaking van skade deur die kind te voorkom byvoorbeeld waar ‘n vader sy minderjarige seun toelaat om ‘n voertuig te bestuur wel wetende dat die seun heel moontlik onverskillig gaan bestuur.
Jannie se ouers was nie een teenwoordig by die nasorg toe die voorval plaasgevind het nie. Hulle kon dus nie beheer oor Jannie uitoefen om sodoende die optrede van Jannie te verhoed nie. Die skade wat Jannie aangerig het was ook nie voorsienbaar nie. In teendeel, gegewe dat die nasorgsentrum kontraktueel verbind is daartoe om na die kinders in hulle sorg om te sien, behoort daar ‘n goeie argument uitgemaak te word dat die nasorgsentrum nalatig was deur nie behoorlike toesig oor Jannie uit te oefen nie en daardeur verantwoordelik is vir die skade aangerig.
Kan Jannie krimineel vervolg word vir opsetlike saakbeskadiging? Om daarmee te slaag moet die Staat bewys dat Jannie:
- Geweet het dat wat hy doen verkeerd is, en
- Dat hy geweet het daar is ‘n tablet in die rugsak.
Jannie is ses jaar oud. Hy het dus beperkte toerekeningsvatbaarheid, met ander woorde, sy vermoë om te begryp wat is reg en verkeerd, is beperk en die reg sal hom daarom nie vervolg nie. Hy was ook nie bewus van die teenwordigheid van die tablet in die rugsak nie en kon hy dus nie die nodige opset vorm om die tablet te beskadig nie.
Groete / Regards
Eberhard, Cheryl-Anne & Andre