From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

Januarie 2024 | Kan jy regulasies oor die gebruik van grond aanwend om 'n buurman se besigheid te sluit?

Jy vind dalk dat jy tot raserny gedryf word deur die oorlas van 'n buurman se sakebedrywighede. As jou vele pogings om 'n vreedsame middeweg te vind, tot op hede onsuksesvol was en bly, gaan jy die regsroete moet oorweeg.  Dit is iets wat jy so ver moonlik wil vermy, maar as daar geen ander keuse vir jou oorbly nie, moet jy hof toe gaan.

Ons bespreek twee sake waar die bure sake van hul persele bedryf het in stryd met die toepaslike sonering van die eiendomme. Ter afsluiting bespreek ons hoe jy 'n eiendom se sonering en toegelate grondgebruike kan nagaan voordat jy dit koop.

 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Januarie 2024 NUUSBRIEF
Kan jy regulasies oor die gebruik van grond aanwend om 'n buurman se besigheid te sluit?

Jy vind dalk dat jy tot raserny gedryf word deur die oorlas van 'n buurman se sakebedrywighede. As jou vele pogings om 'n vreedsame middeweg te vind, tot op hede onsuksesvol was en bly, gaan jy die regsroete moet oorweeg.  Dit is iets wat jy so ver moonlik wil vermy, maar as daar geen ander keuse vir jou oorbly nie, moet jy hof toe gaan.

Ons bespreek twee sake waar die bure sake van hul persele bedryf het in stryd met die toepaslike sonering van die eiendomme. Ter afsluiting bespreek ons hoe jy 'n eiendom se sonering en toegelate grondgebruike kan nagaan voordat jy dit koop.

lees meer


Boedelbeplanning: Onthou jul troeteldiere!
ArticleImage

In die beplanning van ons boedels en die opstel van ons testamente fokus ons tereg op die belange van ons menslike geliefdes. Toenemend dink mense ook aan hul troeteldiere. Wat gaan van hulle word as jy nie meer daar is om na hulle om te sien nie? Ons kyk na drie idees hieroor om onnodige genadedood of ‘n toevlug tot ‘n diereskuiling te verhoed.

Ons bespreek eers die konsep van 'n lewende testament vir troeteldiere – soortgelyk aan jou eie lewende testament met die doel om jou troeteldiere van onnodige stres en lyding te spaar. 
   
lees meer
Krediteure kan ook nou by die hof aansoek doen vir direkteure om as misdadig verklaar te word.
ArticleImage

Maatskappydirekteure moet 'n lys van verpligtinge nakom. Anders kan hul persoonlik aanspreeklik gehou word vir verliese en skulde van hul maatskappy, of strafregtelik aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se optrede. Die hof sou ‘n direkteur ook in uitsonderlike omstandighede as misdadig kan verklaar. Enige persoon wat as ‘n  misdadige direkteur verklaar word, sal dit as 'n ernstige en benadelende klad en sanksie op sy of haar loopbaan ervaar.

Tot nou toe kon skuldeisers nie self aansoek doen om afvallige direkteure as misdadig te laat verklaar nie, selfs al kon hulle hul verliese direk aan die optrede van die spesifieke direkteur koppel. Dit het nou verander na ‘n onlangse beslissing van die hooggeregshof. Ons kyk hierna om te bepaal onder watter omstandighede die hof skuldeisers sal magtig om so ‘n aansoek te bring en wat skuldeisers moet bewys om hiermee te slaag.

   
lees meer
Om sonder toestemming meer as een betrekking te hê, is wangedrag. Tot siens.
ArticleImage

Dit is glo algemeen in Suid-Afrika vir mense om meer as een betrekking te hê en dit lyk nie of dit binnekort sal verander nie. Die Arbeidshof het onlangs bevind dat 'n hoogs gekwalifiseerde universiteitsdosent se besluit om 'n tweede voltydse werk te aanvaar, sonder toestemming van haar eerste werknemer, haar ontslag regverdig.

Ons kyk na die hof se ontleding van die wetgewing, wanneer dit toelaatbaar sal wees en wanneer sal ‘n werkgewer geregverdig wees om 'n oortreder af te dank. Ons sluit af met praktiese raad vir beide werknemers en werkgewers.
   
lees meer
Ons raak formeel.
ArticleImage

“Copyright” of “Copywrite”?

Hierdie twee Engelse terme word soms met mekaar verwar, en word ook soms verkeerdelik deur speltoetsers “reggemaak” of uitgewys. Alhoewel dit ook in Engels op dieselfde manier uitgespreek word, het dit verskillende betekenisse. "Kopiereg" (“Copyright”) is die bekende en erkende manier waarop ons regstelsel wetlike beskerming bied aan skeppers van artistieke en kreatiewe werke oor hul intellektuele eiendom. Die kreatiewe skepping van verstand en gees. Kopiereg in Suid-Afrika vestig outomaties in jou as die skepper van oorspronklike werke en vereis nie registrasie nie; maar die byvoeging van 'n kopieregkennisgewing met 'n "©"-simbool en die jaar van skepping by jou werk, sê vir voornemende plagiate dat jy ernstig is om jou kopiereg (“copyright”) in jou werke te beskerm.

Wat dan van “copywrite”? ‘n Kopieskrywer "copywrite" - letterlik, "skryf copy" – dit is dus gepaste, soms pittige, bewoording wat deur iemand geskryf word, gewoonlik vir een of ander vorm van advertensies of wat in ander bemarkingskommunikasie gebruik word.

   

ArticleImage
 

Mag jy 'n gesonde,
gelukkige en suksesvolle 
2024 hê!


   

belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews