|
Ons is onlangs versoek deur 'n gereelde leser van ons maandelikse nuusbrief om te oorweeg om die hoofartikel in 'n enkele taal te publiseer en nie alternatiewelik, in elke opvolgende paragraaf, in Engels en Afrikaans nie.
After careful consideration of the suggestion, it was decided to take it to heart, especially when the main objection, namely that it tends to be confusing, was considered.
Ons gaan derhalwe in die toekoms die taalgebruik in die hoofartikel maandeliks afwissel, maar ook 'n kriptiese opsomming van die artikel in die ander taal gee. Hierdie is dus ons eerste poging daarmee en sal enige kommentaar daaroor verwelkom want dit sal help om vas te stel of dit algemene aanvaarding vind, al dan nie.
We have recently received an instruction from a Body Corporate that wished to make substantial changes to the scheme’s Management Rules and it was obvious that the neither the trustee committee, nor its management agent, was aware of the substantial changes to the Sectional Titles Act which came about since the promulgation of the Sectional Title Schemes Management Act [8 of 2011] (STSMA) in October 2016. We thought it prudent to inform other trustees of sectional title schemes and its management of such changes.
Die voormelde wet maak voorsiening vir agt voorgeskrewe gedragsreëls vir elke deeltitelskema. Dit is effens minder as die elf sodanige reëls wat voorheen ingevolge die Wet op Deeltitels voorgeskryf was.
Tydens die opening van 'n skema, of gedurende die bestaan van ‘n skema, mag dit egter wenslik wees om die voorgeskrewe reëls te wysig of ‘n byvoeging daartoe te maak. Die STSMA maak voorsiening daarvoor in Artikel 10, met dien verstande dat sodanige reëls nie in stryd mag wees met die voorgeskrewe bestuursreëls nie, dit redelik is en op alle eienaars van toepassing moet wees.
Alvorens die nuwe bestuursreëls egter toegepas mag word, moet dit eerstens by wyse van 'n spesiale besluit van die regspersoon aanvaar word. 'n Spesiale resolusie beteken óf 'n resolusie geneem met minstens 75% (in waarde en aantal) van die stemme van die lede van 'n regspersoon wat op 'n algemene vergadering verteenwoordig is, óf wat skriftelik ooreengekom is deur lede van 'n regspersoon wat op minstens 75% (in waarde en getal) van al die stemgeregtigdes.
Daar moet egter in gedagte gehou word dat waar beoog word dat die lede 'n spesiale besluit op 'n vergadering moet neem, die regspersoon eers alle lede van die regspersoon dertig dae skriftelik kennis moet gee van die vergadering en die resolusie wat ter tafel sal lê. Sodra die lede die spesiale besluit ingevolge die Wet goedgekeur het, moet die gewysigde reëls egter eers aan die Hoofombud van die Ombud-diens vir Gemeenskap-skemas voorgelê word vir goedkeuring en liassering daarvan.
Die sodanig gewysigde reëls word dus eers van krag nadat ‘n skriftelike kennisgewing vanaf die Ombud-diens ontvang is waarin sy goedkeuring daarvan bevestig is asook dat die wysiging behoorlik aangeteken is in sy rekords.
Groete en beste wense. Wees verantwoordelik en bly veilig.
Hennie, Eberhard & Cheryl-Anne
Direkteure | Directors
|
|
|