|
VIERING VAN VYF JAAR IN PRAKTYK - VZK – FIFTH ANNIVERSARY OF PRACTICE
On the 1st of February 2016, a little over five years ago, this practice saw the proverbial first light.
Weens die grendel-regulasies en met soveel van ons wat juis in daardie tyd besig was om te herstel na infeksie, sou hierdie mylpaal eintlik heeltemal ongesiens verby gegaan het indien ons dit nie nou as belangrik genoeg geag het nie.
Ons kon uit die aard van die saak nie ‘n funksie reël waar ons ‘n bietjie weer, soos die geval was elk van vorige vier jaar, om met ons kliënte, personeel en waarde-vennote skouer kon skuur en gesellig verkeer nie. Ons het dus maar hier op ons eie ‘n glasie geklink.
Die afgelope vyf jaar was baie goed vir ons as firma en ons mense. Nie alleen het ons deurlopend ‘n baie stewige groei getoon nie, maar kon ook daarin slaag om VZK Prokureurs as ‘n waardevolle en baie gerespekteerde handelsmerk te vestig in die Kaapse Noordelike voorstede en die Boland se wynlande.
Hierdie sukses is natuurlik in die eerste plek te danke aan ons lojale kliënte-basis, die versiendheid, innovasie en deursettingsvermoë van ons direkteure en in die besonder die goeie diens en toewyding van ‘n uiters effektiewe en goed geoliede span van ‘n lojale personeel-korps.
Elkeen van ons direkteure en personeellede onderneem om voort te bou op hierdie tradisie en sien uit om u vir nog lank tot diens te wees teen selfs hoër standaarde waar dit moontlik sou wees.
Dankie ook vir elke “dankie-sê” nota of briefie of erkenning by wyse van welke gebaar ook-al. Ons waardeer dit opreg en sien uit na ‘n voortgesette sake-verhouding in die jare wat voorlê, met elke kliënt, ondanks die uitdagings wat ons almal in die gesig staar.
Groete en mooi wense. Greetings, regards, and thank you for your support and encouragement over the past five years.
Hennie, Eberhard & Cheryl-Anne
|
|
|