Jou buurman begin om ’n woonstelblok langs jou erf te bou – sonder goedgekeurde bouplanne. Wat kan jy daaromtrent doen?

Ons behandel hierdie vraag na aanleiding van 'n onlangse hooggeregshofsaak. Twee bure het die hof gevra om 'n eienaar te beveel om 'n veelvlakkige woonstelblok wat hy gebou het, te sloop. Die munisipaliteit het reeds voorheen “staak bouwerk” bevele uitgereik en die eienaar het dit geïgnoreer.

Die uitspraak en die redes vir die toestaan van die slopingsbevel, hou waardevolle lesse in vir eienaars wat op hul eiendomme wil bou, en ook vir mense wat daardeur geraak word. 
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Februarie 2023 NUUSBRIEF
Bure wat hul sleg gedra: Onwettige geboue en slopingsbevele.

Jou buurman begin om ’n woonstelblok langs jou erf te bou – sonder goedgekeurde bouplanne. Wat kan jy daaromtrent doen?

Ons behandel hierdie vraag na aanleiding van 'n onlangse hooggeregshofsaak. Twee bure het die hof gevra om 'n eienaar te beveel om 'n veelvlakkige woonstelblok wat hy gebou het, te sloop. Die munisipaliteit het reeds voorheen “staak bouwerk” bevele uitgereik en die eienaar het dit geïgnoreer.

Die uitspraak en die redes vir die toestaan van die slopingsbevel, hou waardevolle lesse in vir eienaars wat op hul eiendomme wil bou, en ook vir mense wat daardeur geraak word. 
lees meer


Dagvaarding van R2,2 miljoen vir werknemer wat oor sy “graad” lieg en bedrieg.
ArticleImage

Bedrog in CV’s en oor kwalifikasies kom blykbaar algemeen voor. Daarom moet die aangeduide kwalifikasies en verwysings sover moontlik deeglik nagegaan word, voordat julle ‘n werknemer aanstel.

As werkgewer kan jy wel kennis neem van ‘n onlangse hooggeregshofbeslissing. Hier het 'n werknemer 'n graadsertifikaat vervals en ook sy akademiese rekord vervals. Die hof bepaal dat hy elke sent wat hy as gevolg van sy bedrog verdien het, aan sy werkgewer moes terugbetaal.

Die hof het die bedrieglike werknemer beveel om agt jaar se salarisse ten bedrae van meer as R2,2 miljoen aan die werkgewer terug te betaal. Die hof het die werkgewer ook toegelaat om toegang te verkry tot die werknemer se pensioenfonds, vir doeleindes van hierdie verhaling. (Pensioenfondse word normaalweg teen eise van krediteure beskerm.) 
   
lees meer
Stel al jou skuldeisers in kennis wanneer jy van adres verander! Die saak van die dagvaarding wat op die kompleks se sekuriteitswag beteken is.
ArticleImage

Wanneer dit kom by die deel in kontrakte wat vra vir ons dieningsadres of “domicilium citandi et executandi ” is ons geneig om redelik ongeërg te wees oor ons keuse van adres, sowel as oor ons plig om die ander party in te lig wanneer ons op ‘n stadium van adres verander.

Moet eerder nie hierdie fout maak nie! In ‘n onlangse hofsaak, is die koper van 'n motor vir R108 000 gedagvaar. Die dagvaarding is op 'n sekuriteitswag by die koper se ou adres in 'n sekuriteitskompleks beteken.

Die skuldeiser het ‘n verstekvonnis teen die skuldenaar (die koper) verkry, en sy bankrekening is gevries. Die skuldenaar het die Hooggeregshof genader om die vonnis tersyde te stel. Die uitkoms van die saak is 'n waarskuwing aan ons almal - neem die “domicilium” deel van alle ooreenkomste ernstig op!
   
lees meer
Kyk mooi na bankbesonderhede per e-pos ontvang: wees bedag op kuberbedrog in die vorm van Besigheids E-pos Kompromie (“BEC”)
ArticleImage

Die meeste van ons het al gehoor van die sogenaamde aanlyn Besigheids e-pos kompromie (in Engels, “Business Email Compromise” oftewel “BEC”) bedrieërs wat wêreldwyd veral eiendomstransaksies teiken, weens die aansienlike bedrae geld wat betrokke is.

Wees bedag hierop – dit is nie net aktebesorgers, eiendomskopers en -verkopers wat geteiken word nie. Enigiemand wat by transaksies van hoë waarde betrokke is, hetsy dit eiendomsverwant is of nie, kan teikens van hierdie tipe bedrog wees. In Suid-Afrika, byvoorbeeld, en te dankie aan Eskom, word groot hoeveelhede omskakelaars (“inverters”) tans landwyd geïnstalleer. En die misdadige elemente in ons midde het lankal hiervan kennis geneem.

Ons ontleed hoe hierdie bedrogspul werk, hoe om dit te herken, hoe om dit te vermy, en ook na die regsaspekte met betrekking tot wie verantwoordelik gehou kan word (en wie die verlies moet dra) as jy ‘n slagoffer daarvan word.
   
lees meer
Begroting 2023: Die Minister van Finansies wil van jou hoor!
ArticleImage

“Finally, we pay tribute to the millions of South Africans, whose resilience and courage during these times of pandemic and economic hardship, is an inspiration to all of us who have the privilege to serve in the public sector.” (Uittreksel uit die 2022 Begrotingsrede)

Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, het die publiek uitgenooi om voorstelle te maak oor die 2023-begroting wat hy na verwagting Woensdag 22 Februarie 2023 sal lewer.

Besoek die Nasionale Tesourie se “Budget Tips for the Minister of Finance” blad en vul die aanlynvorm in.


   
Uit die HAT
ArticleImage

kruiptrekker: s.nw. trekker wat voortbeweeg met behulp van twee breë rusperbande sonder end, wat bestaan uit aanmekaargeskakelde staalblokke met kappe op die loopvlak en in beweging gebring word deur twee tandwiele wat die plek inneem van die dryfwiele by ‘n wieltrekker.

 

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews