Die jaar 2023 is binnekort met ons en jy besluit om jou drome te verwesenlik – jy gaan jou eie besigheid begin. Klaar met die roetine van 8 tot 5 werk, klaar met die senior mense met wie jy nie oor die weg kom nie, klaar met die klein kantoorhokkies en eindelose vergaderings, en klaar met korporatiewe prosesse…

Is jy 'n entrepreneur? Wat is jou plan? In watter entiteit moet jy handel dryf?

Ons deel 'n paar gedagtes om jou te help om by die regte antwoorde uit te kom.

Ons som die vier opsies op met entiteite en ons ontleed die voor- en nadele van elkeen.

Laastens kyk ons na die belastingdoeltreffendheid en boedelbeplanningsimplikasies – moenie op 'n entiteit besluit as jy dit nie ook in ag neem nie!

 

 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Januarie 2023 NUUSBRIEF
Nuwe jaar, nuwe besigheid – hoe om die regte entiteit daarvoor te kies.

Die jaar 2023 is binnekort met ons en jy besluit om jou drome te verwesenlik – jy gaan jou eie besigheid begin. Klaar met die roetine van 8 tot 5 werk, klaar met die senior mense met wie jy nie oor die weg kom nie, klaar met die klein kantoorhokkies en eindelose vergaderings, en klaar met korporatiewe prosesse…

Is jy 'n entrepreneur? Wat is jou plan? In watter entiteit moet jy handel dryf?

Ons deel 'n paar gedagtes om jou te help om by die regte antwoorde uit te kom.

Ons som die vier opsies op met entiteite en ons ontleed die voor- en nadele van elkeen.

Laastens kyk ons na die belastingdoeltreffendheid en boedelbeplanningsimplikasies – moenie op 'n entiteit besluit as jy dit nie ook in ag neem nie!

 

lees meer


Wanneer jou koper nie finansiering kan kry nie, kan 'n Kustingsbrief die transaksie red?
ArticleImage

Die opwinding met die verkoop van ‘n huis kan vinnig afkoel as die koper nie verbandfinansiering kan verkry nie.

Is dit dan die einde van die pad met so ‘n transaksie? Moet beide die verkoper en die koper nou van vooraf begin? Kan die transaksie op ‘n ander manier hanteer word?

Ons kyk na die moontlikheid van 'n “kustingsbrief” of “verkopersverband”. Wat is dit? Kan dit van hulp wees? Wat is die voor- en nadele hiervan?

Lees gerus verder. 
   
lees meer
Lewende testamente: Kom ons praat oor ses wanopvattings.
ArticleImage

Verkeersongelukke, beroertes, gevreesde siektes, Covid en soortgelyke gevalle gebeur sonder enige vooraf waarskuwing. Die een oomblik gaan alles voor die wind, die volgende oomblik lê jy in “Noodgevalle” met buise in jou liggaam en ‘n ventilator wat piep. In sommige gevalle kan jy ook nie meer jou wense duidelik maak oor die mediese behandeling wat jy verlang nie.

Dis hoekom jy voor die tyd jou wense oor gesondheidsake en mediese behandeling duidelik moet maak, in ‘n dokument soos 'n Lewende Testament.

Ons bespreek ses wanopvattings wat mense daarvan weerhou om ‘n Lewende Testament te maak – lees hierdie en besluit dan self wat jy wil hê...
   
lees meer
Dubbele gevaar (“double jeopardy”) vir belastingontduiking – boetes plus vervolging.
ArticleImage

Ons regstelsel se “double jeopardy” reël beskerm ons daarteen dat ons meer as een keer vir dieselfde oortreding op dieselfde feite vervolg kan word.

Is dit van toepassing as jy aan beide administratiewe boetes en strafregtelike vervolging onderwerp word?

Die Hooggeregshof het hierdie vraag onlangs oorweeg toe ’n beslote korporasie saam met die lid strafregtelik van belastingontduiking aangekla is. Dit was nadat die BK reeds aansienlike administratiewe boetes betaal het. Hulle het die hof gevra om hierdie bepalings van die Wet op Belastingadministrasie ongrondwetlik te verklaar. Die hof was nie hiervoor te vinde nie en beslis in die guns van die belastinggaarder, SARS. 
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Gemeenskapskemas - "CSOS Connect" Hierdie dienste is nou regstreeks beskikbaar.
ArticleImage

As jy in 'n Gemeenskapskema soos 'n Deeltitelontwikkeling of in 'n kompleks met 'n Huiseienaarsvereniging woon, hou dan gerus die "Shared Living" tydskrif van CSOS (Community Schemes Ombud Service) op hul Nuusblad dop. Die meeste van die artikels is gemik op Regspersone, Huiseienaarsverenigings en Bestuursagente. Eienaars en huurders sal ook waardevolle inligting in baie van die onderwerpe wat hanteer word, vind.

Klik hier op Uitgawe 19 (Oktober – Desember) en gaan na bladsy 7 vir 'n bondige opsomming (hou jou luidsprekers aan) oor CSOS Connect se aanlyndienste. Tans is daar nog net beperke dienste regstreeks beskikbaar. Die volle ontplooiing van aanlyndienste word vir vroeg 2023 beplan. Hopelik gaan die korrespondensie en interaksie met CSOS net beter en makliker word!

   

ArticleImage

 
Ons wil u graag hiermee
‘n gesonde, gelukkige en
suksesvolle 2023 toewens.
 

   

belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews