In watter formaat moet jou eiendomsverkoopooreenkoms wees, en watter bepalings en voorwaardes moet ingesluit wees, sodat dit geldig en afdwingbaar is?

Ons hanteer hierdie vraag met verwysing na 'n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. In hierdie saak is ‘n eiendomstransaksie van R4,5 miljoen nietig verklaar na 7 jaar van verwarring, vertraging en verspeelde geleenthede. Dit alles omdat die partye nagelaat het om 'n bepaling oor die onderverdeling van een van die stukke grond wat verkoop is, in hul verkoopooreenkoms in te sluit. Ons bespreek wat by jou verkoopooreenkoms ingesluit moet word, wat "noodsaaklike" en "wesenlike" terme is, hoekom dit saak maak, en hoekom duidelikheid en sekerheid vir die partye uiters belangrik is.
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Julie 2023 NUUSBRIEF
Jou eiendomstransaksie val plat omdat belangrike dele uit die ooreenkoms gelaat is.

In watter formaat moet jou eiendomsverkoopooreenkoms wees, en watter bepalings en voorwaardes moet ingesluit wees, sodat dit geldig en afdwingbaar is?

Ons hanteer hierdie vraag met verwysing na 'n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. In hierdie saak is ‘n eiendomstransaksie van R4,5 miljoen nietig verklaar na 7 jaar van verwarring, vertraging en verspeelde geleenthede. Dit alles omdat die partye nagelaat het om 'n bepaling oor die onderverdeling van een van die stukke grond wat verkoop is, in hul verkoopooreenkoms in te sluit. Ons bespreek wat by jou verkoopooreenkoms ingesluit moet word, wat "noodsaaklike" en "wesenlike" terme is, hoekom dit saak maak, en hoekom duidelikheid en sekerheid vir die partye uiters belangrik is.
lees meer


Moenie 'n lening of krediet aan enigiemand verleen nie, nie eers 'n vriend nie, sonder om regsadvies hieroor te verkry nie!
ArticleImage

Met surplus fondse in jou bankrekening nadat jy jou huis verkoop het, is jy gemaklik daarmee om R2,5 miljoen aan jou goeie vriend uit te leen. Mettertyd is jul vriendskap daarmee heen, wanneer jy aandring op terugbetaling van die lening. “Nie so vinnig nie, my ou vriend, is jy dan behoorlik geregistreer as ‘n kredietverskaffer? Want jy moet wees. O, en het jy seker gemaak dat ek finansieel in staat was om die lening uit te neem en meer belangrik, dat ek die lening gemaklik kon terugbetaal? Ek kan nie so iets onthou nie.” Jy dagvaar in die hooggeregshof vir die terugbetaling van die uitstaande bedrag op die lening wat nog R1,5 miljoen beloop. Tot jou ontsteltenis stem die regter saam met jou vriend (nou gewese vriend), dat hy nie die lening hoef terug te betaal nie en jy verloor alles. Hoe het dit dan gebeur?

Ons kyk na die gevare en slaggate wat die Nasionale Kredietwet (NCA) meebring, met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak wat met hierdie feite handel.

   
lees meer
“Ai my hond!” Waarom 'n Husky se eienaar skadevergoeding van R100 000 moet betaal.
ArticleImage

Die hooggeregshof het onlangs skadevergoeding van byna R100 000 aan 'n jong vrou,  wat deur 'n hond aangeval en gebyt is, toegeken. Dit dien as 'n tydige herinnering dat saam met die positiewe aspekte van die besit van 'n troeteldier, daar ook 'n wesenlike risiko van regsaanspreeklikheid skuil.

Ons kyk na die feite van hierdie saak en na die ou Romeinse regsbeginsel wat die Hof hier toegepas het deur die honde-eienaar skuldloos aanspreeklik te hou. Ons eindig met ses praktiese wenke oor hoe om jou troeteldier te beskerm en hoe om jouself teen enige eise te beskerm. 

   
lees meer
Dubbele burgerskap: Goeie nuus as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het, maar...
ArticleImage

Die Appèlhof het sopas 'n bepaling in ons Wet op Burgerskap ongeldig verklaar wat vereis het dat jy Ministeriële toestemming moes verkry, voordat jy kon aansoek doen om enige ander land se burgerskap of nasionaliteit te verkry.

As jy jou burgerskap outomaties verloor het omdat jy nie vooraf toestemming verkry het nie, word jy nou terugwerkend geag nie jou Suid-Afrikaanse burgerskap te verloor het nie en hoef jy ook nie weer daarvoor aansoek te doen nie.

Hier is wel twee uiters belangrike voorbehoude ter sprake.

   
lees meer
Uit die HAT
ArticleImage

stelselmatig b.nw. bw. Op ‘n goed georganiseerde, deeglike manier; doelbewus; opsetlik; sistematies; ‘n stelselmatige indeling – jou werk stelselmatig aanpak – iemand stelselmatig teëwerk – ‘n vyand stelselmatig uitroei – ‘n stelselmatige ondersoek. stelselmatigheid.   

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews