|
|
|
|
|
|
Moenie 'n lening of krediet aan enigiemand verleen nie, nie eers 'n vriend nie, sonder om regsadvies hieroor te verkry nie!
|
|
Met surplus fondse in jou bankrekening nadat jy jou huis verkoop het, is jy gemaklik daarmee om R2,5 miljoen aan jou goeie vriend uit te leen. Mettertyd is jul vriendskap daarmee heen, wanneer jy aandring op terugbetaling van die lening. “Nie so vinnig nie, my ou vriend, is jy dan behoorlik geregistreer as ‘n kredietverskaffer? Want jy moet wees. O, en het jy seker gemaak dat ek finansieel in staat was om die lening uit te neem en meer belangrik, dat ek die lening gemaklik kon terugbetaal? Ek kan nie so iets onthou nie.” Jy dagvaar in die hooggeregshof vir die terugbetaling van die uitstaande bedrag op die lening wat nog R1,5 miljoen beloop. Tot jou ontsteltenis stem die regter saam met jou vriend (nou gewese vriend), dat hy nie die lening hoef terug te betaal nie en jy verloor alles. Hoe het dit dan gebeur?
Ons kyk na die gevare en slaggate wat die Nasionale Kredietwet (NCA) meebring, met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak wat met hierdie feite handel.
|
|
|
|
|
|
|
“Ai my hond!” Waarom 'n Husky se eienaar skadevergoeding van R100 000 moet betaal.
|
|
Die hooggeregshof het onlangs skadevergoeding van byna R100 000 aan 'n jong vrou, wat deur 'n hond aangeval en gebyt is, toegeken. Dit dien as 'n tydige herinnering dat saam met die positiewe aspekte van die besit van 'n troeteldier, daar ook 'n wesenlike risiko van regsaanspreeklikheid skuil.
Ons kyk na die feite van hierdie saak en na die ou Romeinse regsbeginsel wat die Hof hier toegepas het deur die honde-eienaar skuldloos aanspreeklik te hou. Ons eindig met ses praktiese wenke oor hoe om jou troeteldier te beskerm en hoe om jouself teen enige eise te beskerm.
|
|
|
|
|
|
|
Dubbele burgerskap: Goeie nuus as jy jou Suid-Afrikaanse burgerskap verloor het, maar...
|
|
Die Appèlhof het sopas 'n bepaling in ons Wet op Burgerskap ongeldig verklaar wat vereis het dat jy Ministeriële toestemming moes verkry, voordat jy kon aansoek doen om enige ander land se burgerskap of nasionaliteit te verkry.
As jy jou burgerskap outomaties verloor het omdat jy nie vooraf toestemming verkry het nie, word jy nou terugwerkend geag nie jou Suid-Afrikaanse burgerskap te verloor het nie en hoef jy ook nie weer daarvoor aansoek te doen nie.
Hier is wel twee uiters belangrike voorbehoude ter sprake.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|
|