Ongelukkig is dit in al te veel residensiële komplekse ‘n bekende verskynsel : ‘n irrasionele, aggressiewe en ontwrigtende eienaar in die kompleks. Hy of sy maak oral waar hul gaan moeilikheid. Ander eienaars asook die regspersoon se trustees word dikwels vrylik geteiken en aangeval.
Wat kan mens daaromtrent doen? In gevalle waar dit ernstige vlakke bereik, sal die Howe wel tot jou redding kom. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof illustreer die punt.