|
|
|
|
|
|
Gee jou splinternuwe motorvoertuig jou nagmerries? Die Wet op Verbruikersbeskerming sal tot jou redding kom.
|
|
Jy koop 'n splinternuwe motor. "Fantasties", dink jy, "daar sal geen gebreke met 'n nuwe motor wees nie". Dan blyk dit jy was verkeerd - daar is 'n vreemde gerammel, 'n meganiese fout, 'n onverklaarbare roeskol... Die handelaar weier om die motor te vervang of te herstel. Wat staan jou te doen?
Twee onlangse hooggeregshofbeslissings bevestig dat die Wet op Verbruikersbeskerming tot jou redding sal kom, mits jy die regte prosedures volg en mits jy kan bewys wat jy moet. Kom ons kyk hoekom die koper in die eerste geval nie suksesvol was nie, terwyl die koper in die tweede geval suksesvol was met sy eis.
|
|
|
|
|
|
|
Kannabis vir Privaatgebruikwet: Wat jy mag doen en wat jy nie mag doen nie.
|
|
Na die Grondwetlike Hof se gedeeltelike (en taamlik vae) wettiging van private, persoonlike gebruik/besit/verbouing van kannabis in 2018, is die nuwe Kannabis vir Privaatgebruikwet (“Cannabis for Private Purposes Act”) onlangs onderteken.
In teenstelling met die indruk wat deur mediaberigte geskep word, is die wet nog nie in werking nie. Dit bepaal ook nog nie die "maksimum hoeveelhede" plante of gedroogde kannabis wat besit of verbou kan word nie. Ons kyk na wat hierdie wet wel bepaal en wat dit sal en nie sal toelaat wanneer dit in werking tree...
|
|
|
|
|
|
|
Kan jy 'n beëdigde verklaring oor Zoom teken?
|
|
Ons het almal al daaroor gekla dat ons 'n kommissaris van ede in 'n polisiestasie of in ‘n bank moet gaan soek net om 'n verklaring te beëdig. In hierdie dae van aanlyn- vergaderings en elektroniese handtekeninge en elektroniese berging van dokumente, kom dit argaïes voor dat ons nie alles virtueel en op afstand kan doen nie.
Soos wat die betrokke regulasies tans bewoord is, is die vereiste beëdiging in die fisiese teenwoordigheid van die kommissaris van ede, van aangesig tot aangesig, die enigste gewaarborgde manier dat jou beëdigde verklaring later in die hof aanvaar sal word. Ons bespreek dit met verwysing na drie onlangse hooggeregshofbeslissings met verskillende feite en verskillende uitkomste.
|
|
|
|
|
|
|
Ons raak formeel
|
|
Roukoop
Ons vind ‘n roukoopklousule gewoonlik in eiendomsverkoopooreenkomste. Die partye kom met ‘n roukoopklousule ooreen, hoeveel 'n party wat uit die ooreenkoms wil tree, sonder om die bepalings van die ooreenkoms te verbreek, moet betaal om dit te doen. Dit word soms verwar met 'n "verbeuring van deposito"- of ‘n boeteklousule, wat slegs van toepassing sal word indien een van die partye wel die verkoopooreenkoms verbreek het. Dit is ‘n subtiele onderskeid. As jy die woord "roukoop" in 'n ooreenkoms sien, let mooi op en kry vanuit die staanspoor advies hieroor. Alhoewel strafbepalings in ooreenkomste, slegs regtens afdwingbaar is insoverre dit in verhouding is tot die verlies wat gely is, kan jy per ongeluk instem tot iets waaroor jy jou later gaan berou.
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|
|