|
Alle maatskappye, of hulle groot of klein is, of hulle openbare of private maatskappye is – word regtens verplig om volledige registers van hulle aandeelhouers en direkteure te hou. Die Appèlhof het onlangs bevestig dat selfs die registers van private maatskappye nie privaat is nie.
|
|
|
|
Ons wette en howe bied goeie beskerming vir die reg van werknemers om te staak. Deelnemers aan ‘n beskermde staking geniet wye beskerming teen enige onwettige optrede teen hulle deur hul werkgewers.
Hierdie beskerming is egter daaraan onderhewig dat stakers (en hul vakbonde) altyd binne die bepalings van die reg moet optree...
|
|
|
|
Jy koop ‘n plot in ‘n residensiële ontwikkeling. Ingevolge die ooreenkoms onderneem die ontwikkelaar om vir jou ‘n huis met vasgestelde spesifikasies en planne te bou. Jy betaal die ontwikkelaar ten volle vir die plot en dit word in jou naam oorgedra. Tot op hierdie punt verloop alles soos wat dit moet.
Daarna het jy egter ‘n dispuut met die ontwikkelaar oor die kostes, die afwerkings en ander spesifikasie vir die bouwerk. Wat gebeur nou?
|
|