|
Kan jy dit bekostig om jou domeinnaam te verloor? Wat sal met jou besigheid gebeur as jou webwerf en jou e-posse skielik nie meer beskikbaar is nie omdat jy jou domeinnaam verloor het? Die meeste besighede sal dit as ‘n absolute ramp ervaar. Dit kan ook die finansiële einde van die besigheid inhou, veral waar die nuwe eienaar van die domeinnaam ‘n buitensporige bedrag geld wil eis, om die domeinnaam aan jou beskikbaar te stel of terug te verkoop.
Ons kyk na ‘n onlangse bevinding waar ‘n besigheid se domeinnaam outomaties onderskep is.
|
|
|
|
Indien jy van voorneme is om ‘n nuwe familietrust te registreer, moet jy kennis neem van die nuwe riglyn wat die Hoofmeester aan al die provinsiale Meesterskantore uitgestuur het.
Dit handel met die vereistes en gevalle waar ‘n “onafhanklike trustee” tesame met die ander genomineerde trustees aangestel moet word.
Kyk hierna voordat jy die oprigting van ‘n trust finaliseer en verkry advies hieroor indien daar enige onduidelikhede mag bestaan.
|
|
|
|
Koop-om-te-verhuur kan ‘n uitstekende belegging wees.
Hou net in gedagte dat dit dikwels moeilik, duur en tydsaam kan wees om ‘n huurder wat nie betaal nie, geregtelik uit jou eiendom te laat sit. Die risiko kan wel in ‘n mate bestuur word, indien jy vooraf jou huiswerk doen en die kostes by jou berekeninge in faktor.
'n Onlangse beslissing van die Grondwetlike Hof verhoog ongelukkig die risiko faktore vir ‘n verhuurder. Indien jou huurder deur uitsetting dakloos of sonder heenkome gelaat gaan word, kan die hofproses baie langer en baie duurder raak as wat jy as verhuurder verwag het.
|
|