As dit, nadat 'n koper oordrag van sy nuwe eiendom geneem het, blyk dat 'n struktuur op die eiendom onwettig is weens 'n gebrek aan toestemming en goedgekeurde planne by die plaaslike owerhede, wie moet die probleem oplos? Het die koper ‘n eis teen die verkoper? Ons kyk hierna in die lig van die algemene reël dat toestemming van die plaaslike owerheid se beplanningsafdeling wetlik vereis word voordat enige konstruksie kan begin.

Ons bespreek hoekom albei partye vooraf stappe moet neem om latere dispute oor die kwessie te vermy – waarom kopers vir planne moet vra nog voordat hulle 'n aanbod maak en waarom verkopers dit beskikbaar moet hê.
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Februarie 2024 NUUSBRIEF
Waarom Kopers vir bouplanne moet vra (en waarom Verkopers dit moet verskaf). Bouplanne en hoekom jy die planne moet hê met 'n eiendomstransaksie.

As dit, nadat 'n koper oordrag van sy nuwe eiendom geneem het, blyk dat 'n struktuur op die eiendom onwettig is weens 'n gebrek aan toestemming en goedgekeurde planne by die plaaslike owerhede, wie moet die probleem oplos? Het die koper ‘n eis teen die verkoper? Ons kyk hierna in die lig van die algemene reël dat toestemming van die plaaslike owerheid se beplanningsafdeling wetlik vereis word voordat enige konstruksie kan begin.

Ons bespreek hoekom albei partye vooraf stappe moet neem om latere dispute oor die kwessie te vermy – waarom kopers vir planne moet vra nog voordat hulle 'n aanbod maak en waarom verkopers dit beskikbaar moet hê.
lees meer


'n Valentynsdaggedagte vir almal in ‘n lewensverhouding: Wat is 'n “universele vennootskap”?
ArticleImage

Valentynsdag is op hande en dit is 'n wonderlike geleentheid vir paartjies in 'n lewensverhouding om hul regs- en finansiële verhoudings met mekaar te hersien. Om nie behoorlike regsdokumentasie in plek te hê om hierdie belangrike verhoudings te reguleer nie, plaas beide lewensmaats en hul gesinne in gevaar van dispuut, hartseer en selfs latere finansiële nood.

Ons bespreek beide die risiko's en die remedies met verwysing na 'n ongelukkige  familiegeveg in die hooggeregshof oor of twee lewensmaats, waarvan een gesterf het sonder om 'n testament op te stel, 'n "universele vennootskap" gedurende hul 26 jaar van gedeelde lewe saam gevorm het.

   
lees meer
Jy kan (en behoort) diewe in die werkplek te dissiplineer en te vervolg.
ArticleImage

Ons strafhowe dui op ‘n toename in finansiële misdaad in die werkplek – ernstige diefstal en bedrog deur werknemers in die mees vertroude finansiële posisies soos rekenmeesters en boekhouers. Die bedrae wat gesteel en verduister word is verbysterend.

As jou besigheid die slagoffer is van hierdie finansiële misdaad, wat moet julle doen? Aanklagte lê? Dissiplinêre verrigtinge instel? Ons kyk na die ernstige vonnisse en tronkstraf wat ingevolge minimum vonnisbepalings opgelê word. Na aanleiding van 'n onlangse Arbeidshofbeslissing ondersoek ons ook of jy beide roetes gelyktydig kan volg - dissiplinêre verhoor en strafregtelike vervolging?
   
lees meer
“Betaal ekstra vir die nuwe kragopwekker of ek moet jou tydens beurtkrag afsny”. Kan 'n verhuurder dit doen?
ArticleImage

Baie eienaars van huurpersele het “alternatiewe kragbronne” geïnstalleer, soos kragopwekkers, omskakelaars, sonpanele en so aan, om hul huurders te help om die voortdurende beurtkrag te oorleef.

'n Onlangse hooggeregshofdispuut tussen 'n winkelsentrumeienaar en 'n luukse gimnasium oor die gimnasium se toegang tot en gebruik van die verhuurder se kragopwekker het ontstaan toe die verhuurder geëis het dat die huurder 'n bykomende “dieselherwinningsheffing” begin betaal. Die gimnasium het geweier om te betaal, die verhuurder het sy toegang tot die kragopwekker afgesny, waarna die huurder hom na die hof gehaas het om 'n dringende heraansluitingsbevel aan te vra. Ons bespreek die uitslag en die hof se redes vir sy besluit.

   
lees meer
Begroting 2024: Die Minister van Finansies wil graag van jou hoor!
ArticleImage

“Op die oomblik het ons 'n uitdaging omdat ons groeivlakke onvoldoende is om hoër vlakke van skuld te kan hanteer … Ek sal volgende maand meer hieroor in die Februarie-begroting hê. Ek kan julle nou al sê, ons werk in 'n redelike beperkte fiskale ruimte, so die boodskap wat ons waarskynlik in Februarie gaan oordra, gaan 'n moeilike een wees. (Minister van Finansies, Januarie 2024)

 

Enoch Godongwana, minister van finansies, het die publiek genooi om hul voorstelle te deel oor die 2024-begroting wat hy op Woensdag 21 Februarie 2024 sal lewer.

 

Gaan na die Nasionale Tesourie se “Begrotingswenke vir die Minister van Finansies” bladsy en vul die aanlynvorm in.

   
Ons raak formeel
ArticleImage

“Pacta sunt servanda ”

" Pacta sunt servanda " is 'n belangrike en fundamentele regsbeginsel wat internasionaal toegepas word. Dit beteken dat “ooreenkomste nagekom moet word”. Daar is wel beperkings hierop. Ons howe in Suid-Afrika verwys ook toenemend na waardes van ubuntu, billikheid en openbare beleid wanneer onaanvaarbare kontraktuele bepalings onafdwingbaar bevind word. Dit is 'n kontraktuele beginsel wat jy ten alle tye in gedagte kan hou. As jy vrylik en vrywilliglik instem tot iets, sal jy as 'n reël van regsweë aan jou ooreenkoms gehou word.

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews