Kontraksluiting namens ‘n Maatskappy gestig te word / Pre-incorporation Agreements
Since the start of the pandemic job losses were rampant. An increasing number of brave individuals who could not secure alternate employment, have started new business ventures in the hope to plough their experience and networks into something over which they will have control. Many of them found the need to contract with third parties before they have actually formally incorporated their companies. That raised many questions as to how that would be possible. The good news is that our legal system does provide for pre-incorporation contracts but as with most things in life there are always the proverbial strings attached. Here follows some valuable insights.
Ons regstelsel erken twee vorme van vóór-inkorporasie kontrakte. Die eerste vorm is ingevolge wetgewing, naamlik Artikel 21 van die Maatskappywet 71 van 2008 (hierna "die wet" genoem) en die ander vorm is ingevolge ‘n gemeenregtelike beginsel wat bekend staan as ’n stipulatio alteri (ook bekend as beding ten behoewe van ‘n derde). Die stipultio was deur die jare soms as ‘n skuiwergat gebruik en juis daarom is daar deur wetgewing gepoog om dit hok te slaan. Alhoewel daardie vorm tegnies nog bestaan, kan dit vir maar praktiese doeleindes op die agtergrond geskuif.
In artikel 1 van die wet (wat slegs in Engels gepubliseer was) word ‘n óór-inkorporasie kontrak (pre-Incorporation contract) gedefinieer as: “a written agreement entered into before the incorporation of a company by a person who purports to act in the name of, or on behalf of, the proposed company, with the intention or understanding that the proposed company will be incorporated, and will thereafter be bound by the agreement".
Die wet verleen voorts uitdruklike magtiging in artikel 21 dat vóór-inkorporasie kontrakte gesluit mag word. Dit is duidelik dat die nuwe maatskappy, sodra dit behoorlik geïnkorporeer is, die spesifieke kontrak skriftelik moet ratifiseer, alvorens die ander party tot sodanige kontrak dit teen die maatskappy kan afdwing. Sodra die nuut gestigte maatskappy dus die óór-inkorporasie ooreenkoms bekragtig het, het dit die gevolg dat die persoon (agent of trustee) wat vroeër die kontrak aangegaan het ten behoewe van die te stigte maatskappy, daarna regtens van alle persoonlike aanspreeklikheid ingevolge dáárdie ooreenkoms onthef word.
Die wet vereis dat formele ratifikasie van die vóór-inkorporasie ooreenkoms binne drie maande vanaf datum van inkorporasie moet plaasvind, hoewel dit slegs gedeeltelik, dus ten opsigte van net sekere aspekte van die kontrak, kan gebeur. Ratifikasie is terugwerkend van krag. Indien die vóór-inkorporasie kontrak egter nie binne die drie maande tydperk formeel verwerp word nie, sal dit regtens geag word, om in totaliteit geratifiseer te wees deur die maatskappy.
Die voormelde beteken dat, indien die maatskappy die vóór-inkorporasie kontrak verwerp het binne die drie maande spertyd, die agent persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir skade wat die ander kontrak party mag ly as gevolg daarvan. Dieselfde sal die gevolg wees indien die maatskappy nie geïnkorporeer was nie, óf waar dit wél geïnkorporeer was, die maatskappy die betrokke kontrak slegs gedeeltelik geratifiseer het.
Groete / Regards.
Hennie & Eberhard & Cheryl-Anne | Directors