Die Facebook Marketplace blyk in alle opsigte ‘n waardige mededinger vir Gumtree, OLX en ander aanlyn-geklassifiseerde advertensies te wees, in die persoonlike- en ook in besigheidsmarkte. Dit word nou elke maand deur 800 miljoen mense in 70 verskillende lande gebruik.
Kyk gerus na Facebook se gids oor “How Marketplace Works” hier vir stap-vir-stap riglyne oor hoe om iets te koop of te verkoop, hoe om resultate volgens afstand of nuwe plasings te sorteer, meer oor kennisgewings, hoe die “volg” funksie werk, asook die belangrike veiligheids- en privaatheidsaspekte, en dies meer.
Vir nog idees, en vir vyf maniere om Facebook Marketplace vir jou besigheid te gebruik (5 ways to use Facebook Marketplace for your business), lees gerus “Facebook Marketplace: The Marketer’s Guide” hier.
Uit die HAT:
pasjmina s.nw. stuk sagte lap/material van fyn kasjmierwol afkomstig van die pasjminabok van die Himalaja in Nepal, Pakistan en Noord-Indië, dikwels deur vroue om hul skouers gedra.
|