|
|
|
|
Nege belangrike vrae vir kopers en verkopers van eiendom.
|
|
Vir die oningewyde lyk die koop en verkoop van eiendom na 'n ingewikkelde proses, besaai met verouderde regsterminologie en risiko's.
Ontspan, hulp is byderhand! Ons hanteer nege algemene vrae wat deur kopers en verkopers gevra word en doen dit in verstaanbare taal.
Vind ook 'n skakel na 'n eenvoudige, maar nuttige gids van die “Law Society of South Africa”, met 'n bespreking oor waarom onafhanklike advies vooraf belangrik is vir beide partye. Ons deel 'n paar gedagtes oor die beplanning van jou finansies om onaangename verrassings te voorkom en hanteer ook algemene slaggate.
|
|
|
|
|
|
Kan ‘n werknemer bedank om ‘n dissiplinêre verhoor te ontduik?
|
|
Dikwels sal werknemers wat teregstaan op dissiplinêre aanklagte, aandring op hul onskuld en in die ondersoekfase daarop fokus om hul name in ere te herstel. Dit hoort ook so. Almal moet ‘n regverdige geleentheid kry om hul teen enige klagtes te kan verweer.
Aan die ander kant kry jy weer werknemers wat besluit dat die risiko om skuldig bevind te word en afgedank te word, te groot is. Dan bedank hulle eerder nog voordat die verhoor gehou kan word. Hulle dink dat as daar nie meer 'n dienskontrak is nie, dan kan hulle nie meer verhoor word nie. Dan is daar ook nie die risiko van 'n lastige skuldigbevinding nie; wat hul in die toekoms tot hul nadeel aan potensiële werkgewers sal moet openbaar.
Tot onlangs was daar teenstrydige beslissings in ons howe of hierdie “ontsnaproete” die regte benadering was. Die arbeidsappèlhof het nou ‘n beslissende uitspraak hieroor uitgebring. Werkgewers moet eerstens die redes vir die uitslag in hierdie spesifieke geval verstaan en tweedens moet hulle weet wat om te doen om hierdie “ontsnaproete” te keer.
|
|
|
|
|
|
|
Verhuurder: Kan jy die elektrisiteit afsny om agterstallige bedrae te vorder of om die huurder uit te dwing?
|
|
'n Verhuurder wat met 'n probleemhuurder te doen het, kan in die versoeking kom om die vertragings en koste van regstappe te omseil met kreatiewe optrede en “selfhelp”. Sulke optrede sluit in om die betrokke huurperseel se elektrisiteit of watertoevoer af te sny, of om toegang tot die perseel te verhinder deur die slotte te verander of deur toegangskaarte te kanselleer.
Ons regstelsel ondersteun nie partye wat die reg in eie hande neem nie. 'n Verhuurder wat dit doen, tree onwettig op. Sulke optrede gee vir ‘n huurder 'n vinnige en kragtige remedie in die vorm van 'n spoliasiebevel.
Ons kyk na hierdie proses, wat die huurder moet bewys, en (met verwysing na 'n onlangse beslissing van die Hooggeregshof) of die verhuurder kan aanvoer dat 'n reg op elektrisiteitsvoorsiening slegs 'n 'persoonlike reg' is en dus nie deur spoliasie gedek word nie.
|
|
|
|
|
|
|
Nuwe Nasionale Minimumloon en die verhoogde 'Verdienstedrempel' vanaf 1 Maart 2021
|
|
Op 1 Maart 2021 word 'n nuwe nasionale minimumloon ingestel, plus 'n verhoging in die 'verdienstedrempel' soos bepaal in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
Met verwysing na die formele aankondiging van die Minister van Indiensneming en Arbeid, dui ons die verhogings vir werknemers in die algemeen aan, sowel as dié vir elk van die belangrikste indiensnemingsektore (huishulpe, plaaswerkers, kontrakteurs, groothandel / kleinhandel), en ons toon ook die persentasiestygings in elk. Vir werkgewers wat huishulpe in diens het bied ons ook 'n skakel na 'n nuttige "regverdige of lewende loon" berekening.
Ons som ook die voordele op wat nie meer beskikbaar sal wees vir diegene wat nou meer as die aangepaste verdienstedrempel verdien.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Scheibert & Associates Inc
+27 21 422-0660
Unit 401,
42 Keerom Street,
Cape Town, 8001,
South Africa
Scheibert & Associates Germany
+49 (89) 8913 6783
Nimrod Str. 8, 82131, Gauting, Germany
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|
|