Huiseienaarsverenigings en Regspersone van Deeltiteleenhede neem asseblief kennis. ’n Onlangse hooggeregshofbeslissing bevestig dat die kompleks se reëls en regulasies konsekwent afgedwing moet word.

Hier het die Huiseienaarsvereniging 'n huiseienaar gelas om sy motorhuisdeur met ‘n "spieëlafwerking" te verwyder. Die motorhuisdeur was in stryd met een van die landgoed se argitektoniese reëls en riglyne.

Foto’s van ander motorhuisdeure met ‘n "spieëlafwerking" in die landgoed het egter gewys dat die Huiseienaarsvereniging hierdie reël nie konsekwent afgedwing het nie.
 


Teken aan
Facebook Linkedin
B. R. Sandwith Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
 
Augustus 2024 NUUSBRIEF
Die motorhuisdeur wat die moeilikheid veroorsaak het.

Huiseienaarsverenigings en Regspersone van Deeltiteleenhede neem asseblief kennis. ’n Onlangse hooggeregshofbeslissing bevestig dat die kompleks se reëls en regulasies konsekwent afgedwing moet word.

Hier het die Huiseienaarsvereniging 'n huiseienaar gelas om sy motorhuisdeur met ‘n "spieëlafwerking" te verwyder. Die motorhuisdeur was in stryd met een van die landgoed se argitektoniese reëls en riglyne.

Foto’s van ander motorhuisdeure met ‘n "spieëlafwerking" in die landgoed het egter gewys dat die Huiseienaarsvereniging hierdie reël nie konsekwent afgedwing het nie.
lees meer


Dit is winter met toenemende gevalle van siekteverlof – kan jy ‘n dokter se mediese sertifikaat verwerp?
ArticleImage

Die laaste ding wat werkgewers en werknemers wil hê, is dat siek kollegas werk toe kom. Dit is nooit ‘n goeie idee om 'n kantoor met 'n hoesende en proesende kollega te moet deel nie.

Aan die ander kant, wat kan jy as werkgewer doen as jy vermoed dat sommige personeellede maak of hulle siek is? Wanneer kan jy aandring op 'n mediese sertifikaat? Kan jy die mediese sertifikaat verwerp as jy dink dat dit vervals is?

'n Onlangse beslissing van die Arbeidsappèlhof oor 'n werkgewer se besluit om mediese sertifikate van 'n verdagte dokter te verwerp, spreek hierdie vrae aan.
   
lees meer
Egskeiding: ‘n Hofbevel wat moet keer dat bates verdwyn.
ArticleImage

Wanneer jy deur 'n egskeiding gaan, is dit moontlik dat jou gade van julle bates begin verkoop of van jou weerhou of vir jou wegsteek. Soms is dit nodig om paranoïes te wees. Jy kan jul huwelik met veel minder as jou regverdige deel verlaat.

’n Onlangse dispuut het in die Appèlhof gaan draai. Hier het die gewese man besluit om sy eiendom te verkoop sonder dat hy sy gewese vrou hiervan ingelig het. Die gewese vrou het ‘n aanvanklike interdik in die hooggeregshof verkry om die verkoop van hierdie bate te keer. Ons kyk na die redes hoekom sy uiteindelik onsuksesvol was en hoe die saak eerder benader moes word. 
   
lees meer
Suur druiwe? Moenie beskuldigings maak tensy dit waar is nie.
ArticleImage

'n Maatskappydirekteur het onlangs beweer dat 'n minister in ons regering omkoopgeld van R500 miljoen van hom gevra het. Volgens hom het twee naamlose tussengangers die versoek vir die omkoopgeld in ‘n restaurant aan hom gemaak. Hy het egter geen bewyse gehad om sy bewerings te staaf nie. 

Die minister was duidelik nie geneë daarmee dat sy goeie naam beswadder word nie. Hy het ‘n saak van laster gemaak en ‘n eis vir skadevergoeding van R1 miljoen geëis. Die hof het in die minister se guns bevind.

Hierdie is dan ‘n verdere waarskuwing om nie lasterlike bewerings te maak as jy nie jou bewerings kan steun nie.
   
lees meer
Ons raak formeel
ArticleImage

“Domicilium Citandi et Executandi”

Hierdie term word algemeen in kontrakte van alle soorte gevind en dit word selde met die nodige erns hanteer. Dit is die adres wat jy kies om alle regskennisgewings en dokumente te ontvang. Aflewering of betekening by hierdie adres word regtens as geldige aflewering of betekening (diening) beskou, ongeag of jy werklik die kennisgewing of dokument onder oë kry of nie. Dit is dus belangrik om vooraf 'n gepaste adres te kies, een waar enige kennisgewings of dagvaardings wat afgelewer word, spoedig onder jou persoonlike aandag sal kom. Voeg jou e-posadres by as die kontrak jou toelaat. Onthou ook om die ander party onmiddellik in kennis te stel (skriftelik en volgens die voorskrifte in die kontrak) van enige verandering in jou adres.

   
belinda@belindasandwith.co.za www.belindasandwith.co.za Website Contact Page
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews